Vermy só dwaling by Alzheimer-lyers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Aktiwiteite soos legkaarte pak, voorlesings en om te gaan stap saam met ’n metgesel, is alles maniere om ’n Alzheimer-lyer aktief te hou. Foto: ISTOCK

Alzheimer se siekte en demensie is vir die lyers en hul versorgers ’n moeilike pad om te stap.

Volgens dr. Martin de Villiers, mediese direkteur van Medwell SA, verwys demensie na die kognitiewe agteruitgang en gedragsverandering wat voorkom in die verouderende deel van die samelewing, maar wat meer is as wat verwag word in die normale verouderingsproses.

“Kognitiewe agteruitgang verwys na wanneer ’n persoon moeilikheid ondervind om te onthou, of om te konsentreer of besluite te neem wat algemeen is in die alledaagse lewe. Omtrent ses uit elke 100 mense mag demensie ontwikkel, waarvan vier uit 100 spesifiek Alzheimer se siekte is. Alzheimer se siekte is dus slegs een vorm van demensie, maar wel die toestand wat in die meeste gevalle voorkom. Demensie word veroorsaak deur verskeie siektes en beserings wat ’n impak op die brein het. Navorsing reken dat die siekte veroorsaak word deur ’n sameloping van omgewings- en genetiese risikofaktore wat die verandering in die breinfunksie tot gevolg het.”

Dwaling onder lyers

“Gedragsveranderings soos ongeduldigheid, rusteloosheid en selfs aggressie mag deel vorm van die patroon wat ontwikkel en tot die diagnose van demensie lei. Een van hierdie gedragspatrone is dat demensielyers begin ronddwaal. Die term “dwaal” in die konteks van hierdie artikel, verwys na ’n persoon met Alzheimer se siekte wat wegloop van hul blyplek af sonder ’n metgesel. Dit word bereken dat tot 60% van mense met demensie dwaal,” verduidelik dr. De Villiers.

Hy sê familie en betaalde versorgers is gedurig bang dat die persoon met Alzheimers wie se sorg aan hulle toevertrou is, sal verdwaal wanneer hulle alleen of in ’n onbekende omgewing is.

“Die realiteit is dat die risiko gepaard met dwaling kan wissel van ligte beserings, groot soektogte en reddingsoperasies tot selfs sterftes. Die impak wat hierdie dwaling van demensiepasiënte het in terme van die stres en emosionele lading, moet ook nie onderskat word nie.

“Hoewel hierdie ronddwaal doelloos mag voorkom, is daar navorsing wat beweer dat daar tog ’n doel is. Mense met demensie mag dwaal in antwoord op basiese behoeftes, soos byvoorbeeld ’n hunkering na kontak met mense, honger of dors, of weens ’n raserige of verwarrende omgewing. So moet dit nie net afskryf as maar ’n deel van Alzheimer se siekte nie!”

Volgens dr. De Villiers is die gedragsverandering van “dwaling” moeilik om te behandel en ook nie spesifiek nie, maar om die regte behandelingsplan vir demensie in plek te hê, verminder tog hierdie afwyking van dwaling aansienlik. “Die belangrikste boodskap is waarskynlik dat ons altyd die volledige mens met sy fisieke, verstandelike en emosionele afwykings en behoeftes moet omarm en respekteer. Die doelwit van die versorgingsplan moet dus wees om die demensielyer se gehalte van lewe te optimaliseer.”

Dr. De Villiers meen die sorgplan moet voorsiening maak vir:

  • Versorgers moet bewus wees van die belangrikheid om daaglikse selfsorg te fasiliteer, te sorg vir genoegsame stimulering, te sorg vir gesonde eetgewoontes, te sorg vir goeie slaap-higiëne, en op te let vir enige nuwe simptome of gedragsverandering.
  • Eenvoudige aktiwiteite soos daaglikse vergeselde wandelings verhoog die ervaring van welstand, verminder stres en beïnvloed beter slaapgewoontes.
  • Sorg ook vir kognitiewe stimulering soos byvoorbeeld verskillende aktiwiteite saam met klein groepe mense (familie, vriende en demensie-lyers) wat insluit bespreking van nuusgebeure, gesprekke oor aktiwiteite waarin die demensielyer belanggestel het, of aktiwiteite soos voorlesings of die pak van legkaarte.
  • Navorsing toon dat gestruktureerde musiekterapiesessies twee tot drie maal per week, asook om die demensielyer gereeld na musiek te laat luister, kognitiewe funksie verbeter, ’n kalmerende invloed gehad het en dat slaap verbeter het.
  • Daar is ook draagbare opsporingstegnologie-oplossings wat die risiko gepaard met dwaling kan voorkom.

Daaglikse aktiwiteite

Adrie du Toit, gehaltesorgsorg­koördineerder van Nazareth Health, sê hulle kan dié aktiwiteite doen:

  • Iets wat hulle in hul daaglikse roetine sou doen, soos byvoorbeeld handdoeke opvou en kouse uitsorteer.
  • Kombuisaktiwiteite, toebroodjies maak, groente skil en slaai maak of enige handwerk soos brei en hekel.
  • Enige soort oefening is baie belangrik, soos stap of stoeloefeninge indien die persoon nie meer kan staan nie.

Sy sê só kan hulle take vergemaklik:

  • Laat hulle self stort en hare was. Merk die verskillende bottels duidelik sodat hulle dit sonder ’n bril kan sien.
  • Gee ’n notaboek om hul notas in te skryf en hulle te herinner.
  • Gee hulle kans om te dink aan die opdrag en dit uit te voer.


GEBORG

Medwell SA

Medwell SA

Medwell SA het 20 jaar se ondervinding en bied ’n wye verskeidenheid dienste aan. Gedurende September stel hulle hul eie demensieprogram bekend. Vir meer inligting besoek gerus www.medwell.co.za.

Strandsorg

Strandsorg

Strandsorg verskaf professionele versorging aan bejaardes met demensie en Alzheimer se siekte in die Helderberg-omgewing. Hul dienste is geskoei op die plasingsproses en beskerming van ouer persone.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.97
-1.0%
Rand - Pond
20.59
-0.8%
Rand - Euro
17.37
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.23
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.3%
Goud
1,786.37
-0.4%
Silwer
23.92
-0.9%
Palladium
1,983.25
-1.3%
Platinum
1,017.75
-1.4%
Brent-ruolie
86.40
+0.5%
Top-40
61,025
-0.3%
Alle aandele
67,494
-0.2%
Hulpbronne 10
63,620
-0.7%
Industriële 25
87,147
+0.0%
Finansiële 15
14,027
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos