Die verhaal van ’n vrou wat op agt as een van 42 Jode uit die Jodeslagting gered is danksy ingryping deur die Turkse konsul-generaal word in ’n rolprent beskryf wat Saterdag gedurende die Internasionale Mozart-musiekfees in Johannesburg vertoon word.
The Story of Lina Amato, ’n dokumentêr van sowat 48 minute, word om 18:00 gratis in die Linder-ouditrium se Spaceframe-teater op die Witskampus in Parktown aangebied.
Die rolprentvervaardiger Johnathan Andrews het die dokumentêr in samewerking met die Turkse departement van buitelande sake en die Turkse Ambassade vervaardig.