Hierdie huis is in vele opsigte ’n eksistensiële werk waarin kwessies soos identiteit en herkoms so lukraak soos lottonommers na vore kom, skryf Riaan Grobler.
Ek kon nie die resensie wat ek ’n paar jaar gelede oor Kleinboer se vorige roman, Werfsonde, vir Rapport geskryf het aanlyn opspoor nie. Iewers in ’n proses van digitalisering het dit verlore geraak, neem ek aan.