’n Tiener van Lambertsbaai word vermis nadat sy Sondag by haar ouerhuis weg is en nie weer teruggekeer het nie.
Donna-Leigh Don (16) word sedert Sondagmiddag vermis nadat sy haar ouerhuis in ’n nuwe behuisingsontwikkeling in Lambertsbaai verlaat het, sê sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder. Die gesin het onlangs daarheen verhuis.
Haar serp, hoed en handskoene is in die Malkopbaai-gebied gekry, maar daar was geen teken van haar nie.