Twee boeties van onderskeidelik drie jaar en 18 maande oud veg om hul lewe in ’n hospitaal nadat hulle Dinsdagmiddag in ’n swembad by ’n huis in Randburg, Johannesburg, gekry is.
Volgens Kyle van Reenen van EmerGMed het hul paramedici Dinsdag om 15:20 gereageer op ’n oproep dat twee kinders by ’n huis in die Randburg-gebied vermoedelik verdrink het.
Met die paramedici se aankoms was die boeties in ’n kritieke toestand. Hulle is met spesialis- mediese toerusting op die toneel gestabiliseer voordat Netcare911 se mediese helikopterspanne ontbied is.