’n Werker van die Passasierspooragentskap (Prasa) en ’n kontrakteur is dood in ’n ongeluk tydens toetse by ’n bergingsplek in Kaapstad.
Prasa het dié ongeluk Maandag in Soutrivier bevestig en sê dit het gebeur terwyl opgeknapte treinwaens getoets en in diens gestel is.
Nooddienste is ontbied, maar die twee mense is op die toneel dood verklaar, het Prasa Dinsdag in ’n verklaring gesê.