Die polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat ’n motor Sondag in die Baakensrivier in Gqeberha beland het.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder en passasier het omstreeks 16:00 in ’n Renault Sandero op Targetkloof-weg gery toe die bestuurder na bewering beheer oor die voertuig verloor het.
“Een van die insittendes het daarin geslaag om uit die omgeslane motor en rivier te kom. Nog ’n insittende was steeds in die water,” lui die verklaring van die Gardmed-ambulansdienste.