Twee gr. 1-leerlinge van Moorreesburg wat “langs mekaar in die klas gesit het”, het in die openbare swembad op die dorp verdrink nadat hulle na-ure by die perseel in is.
Vrydagoggend is die lyke van Elqeton Adams (7) en sy maatjie, Alzandré Jacobs (7), leerlinge aan Laurie Hugo Primêr in Moorreesburg, in die openbare swembad gevind.
Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin.