Twee meisies van vyf en nege jaar oud het Dinsdagmiddag in die swembad van ’n hotel op Durban se strandfront verdrink.
Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê paramedici is om 15:00 saam met ander nooddienste na die hotel ontbied.
Albei meisies se harte het met die paramedici se aankoms reeds gaan staan. “Paramedici het meer as ’n uur probeer om hulle by te bring en hulle is op die toneel dood verklaar,” sê Van Reenen.