Drie mense is Saterdag in ’n motorongeluk, glo onderweg na ’n begrafnis, in die Oos-Kaap dood.
Na verneem word het agt mense, vermoedelik almal familielede, van Makhanda (Grahamstad) na Peddie vir ’n begrafnis gery toe die ongeluk omstreeks 07:00 gebeur.
Volgens Charles Bramwell, provinsiale verkeerswoordvoerder, het die Toyota Avanza-motor gerol nadat die bestuurder beheer daaroor verloor het. Drie mense is op die toneel dood verklaar, terwyl insittendes met ernstige beserings in die Nompumelelo-hospitaal in Peddie opgeneem is. Die bestuurder is nie in die voorval beseer nie.