Drie mense is Saterdagoggend dood en sewe beseer in ’n botsing tussen ’n Toyota Fortuner en ’n bakkie op die N1 in die Blysteel-gebied in Limpopo.
Ross Cambell, woordvoerder van ER24, sê in ’n verklaring paramedici het omstreeks 05:25 op die toneel aangekom.
Vyf insittendes van die bakkie was reeds na nabygeleë hospitale geneem om behandeling vir hul beserings te ontvang.