Die departement van justisie en korrektiewe dienste is bekommerd oor die impak wat beurtkrag op die howe het en wil 80 kragopwekkers by verskillende howe laat installeer sodat verrigtinge nie ontwrig word nie.
Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, sê ondanks beurtkrag moet die dienste voortgaan.
“Ons moet al die moontlike doen om aan te pas by die uitdagings wat beurtkrag stel. Ons moet verseker die regstelsel funksioneer ondanks ons uitdagings.”