Die 78 jaar oue Rooi Rose gaan waarskynlik van ondergang gered word.
Anton Botes, hoofbestuurder van Caxton en CTP Publishers, het Vrydagaand aan Rapport gesê: “Ons is oorweldig deur uitgewers en belangstellendes wat die titel wil oorkoop en is redelik seker dat ons vir die tydskrif ’n nuwe huis sal vind.
“Die Junie-uitgawe is van 11 Mei op die rak en ons hoop dat die Julie-uitgawe deur ’n ander uitgewer uitgegee sal word.”