Die noodlottige aanval op ’n werker van die Seaview-roofdierpark Woensdag is vermoedelik aangevuur deur die hormone van die Siberiese tier, wat by ’n wyfie in ’n aangrensende kamp wou uitkom.
Nadat die tier, Jasper, oor ’n heining van 3 m hoog geklim en David Solomon aangeval het, het hy by die aangrensende kamp ingespring en ’n tiermannetjie doodgebyt.
Die park het Donderdagoggend in ’n verklaring gesê Solomon, wat ten tyde van die aanval besig was om aan ’n elektriese heining by die kamp te werk, het sowat 15 jaar by die park aan die buitewyke van Gqeberha (Port Elizabeth) gewerk.