AB de Villiers sê hy het amper “flou geval” toe hy die name sien van die mense wat saam met hom aan die Ikone-gholftoernooi in die VSA gaan deelneem.
De Villiers is gekies om vir die Res van die Wêreld-span teen die VSA te speel. Van sy spanmaats sluit in Ernie Els (kaptein), die gewese Aussie-tennisster Ash Barty, en die sokker-ikone Pep Guardiola en Harry Kane.
“Van ek kan onthou het ek Ernie se naam geken. Hy is ’n groot held van ons gesin. Om hom vandag ’n vriend te kan noem is eintlik belaglik,” sê De Villiers met ’n droë laggie aan Rapport.