Huldeblyke het Saterdag ingestroom ná die dood van ’n Suid-Afrikaanse akteur vroeër die oggend in ’n motorongeluk.
Runaldo Leighton Hendricks, wat die rol van Zappa Hendricks in die sportsepie Getroud met rugby op kykNET vertolk het, is Saterdagoggend in ’n ongeluk dood.
Hy het sedert die begin van die sepie in 2016 die rol van Hendricks vertolk.