Die vroue-organisasie 1 000 Women Trust wil poskaarte en briewe aflewer wat verskeie aktivistegroepe oor die land heen, wat saam met hulle teen die geweld teen vroue staan, aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf het.
Dit sal hand aan hand loop met die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders wat van 29 November tot 10 Desember plaasvind.
Emily O’Ryan, wat betrokke is by die 1 000 Women Trust en uitvoerende hoof van die nie-regeringsorganisasie Post to Parliament is, sê hulle wil al die briewe en poskaarte teen 10 Desember aan die presidensie in Pretoria oorhandig.