Familielede van die TV-persoonlikheid en geleentheidsbeplanner Aleit Swanepoel wat Maandagoggend dood in sy huis in Somerset-Wes aangetref is, het vrae oor sy dood.
Sy onderneming, The Aleit Group, het vroeër in ’n verklaring bekend gemaak dat die 47-jarige Swanepoel “Sondagaand in sy slaap oorlede is”. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.
’n Familielid het Donderdag aan Netwerk24 gesê hulle het vrae en weet nie wat die oorsaak van sy dood is nie. Volgens die familielid dink hulle nie Swanepoel het sy eie lewe geneem nie. Dit het die laaste tyd goed met Swanepoel gegaan.