Die Covid-19-pandemie het die tekortkominge van begrafnisondernemings blootgelê en die druk verhoog om vernuwing te bespoedig, sê Avbob.
Pieter van der Westhuizen, hoofbestuurder van begrafnisdienste by Avbob, het Maandag gesê begrafnisondernemers het in die pandemie deurgeloop onder ’n tekort aan werknemers en krematoriums.
In sy reaksie hierop wil Avbob in die toekoms meer takke en krematoriums oopmaak, asook meer geriewe vir water-verassings aanbied.