Not Bread Alone, die gewilde bakkery in Linden wat onlangs deur ’n brand beskadig is, gaan weer open, maar dit gaan nog ’n tydjie neem, het die eienaar Corna Hibbert, Vrydag aan Netwerk24 gesê.
’n Brand het einde Februarie verwoesting gesaai daar en die bakkery en koffiewinkel moes sy deure sluit.
Hibbert sê die laaste paar weke was nie maklik nie.