Ons gebruik rugby om jong manne weg te hou van die bendes, maar dan loop hulle hul op die veld vas in geweld, sê Neville Brown, voorsitter van Gqeberha se PE Harlequins-rugbyklub.
Drie Harlequins-spelers is verlede Saterdag hospitaal toe nadat chaos uitgebreek het ná ’n wedstryd teen Jeffreysbaai op die Pelsrus-rugbyveld in dié kusdorp.
Die wedstryd was ’n uitklop-stryd in ’n kompetisie met prysgeld van R100 000.