Begrafnisondernemings het opdrag gekry om van Maandag tot Woensdag aan ’n landwye staking van dié bedryf deel te neem.
Die staking is uitgeroep deur die Unification Task Team (UTT) van die Nasionale Vereniging van Begrafnisondernemings. Dit bestaan uit 17 verenigings en forums van begrafnisondernemings.
Die staking volg nadat die bedryf se versoeke aan die regering oor die regulasies wat die bedryf reguleer, glo op dowe ore geval het.