Suid-Afrika se begrafnisondernemings het in Julie ’n groot toename in die getal begrafnisse landwyd aangeteken.
“Ons het ’n toename van sowat 60% in begrafnisse gesien in Julie en sover is die eerste twee weke van Augustus nog besiger as wat die eerste twee weke in Julie was,” sê Pieter van der Westhuizen, hoofbestuurder van Avbob, wat begrafnisondernemers landwyd het.
“Ons hanteer gemiddeld so 3 800 begrafnisse per maand. In Julie het ons meer as 6 000 gehad. Mense moet ook verstaan dat ons net ’n 10%-markaandeel het. Sowat 85% van begrafnisse in die land word hanteer deur kleiner ondernemings,” sê Van der Westhuizen.