Die eienaars van die trouvenue Beloftebos naby Stanford in die Overberg wil tot ’n vriendskaplike skikking met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) kom oor hul weiering om toe te laat dat ’n gay paartjie hier trou.
Hulle het ook hul onderneming gesluit en bied nie meer troues aan nie, luidens ’n verklaring wat Dinsdag uitgereik is.
Dit spruit uit gebeure in Januarie 2020 toe Beloftebos glo vir Lee Heeks en Megan Watling weggewys het toe hulle begin navraag doen het oor die moontlikheid om by Beloftebos te trou.