Die Golden Gate Hoogland Nasionale Park in die Vrystaat word verwoes deur onwettige besetters wat volgens ’n sensusopname gesamentlik onder meer 1 458 skape en 54 honde aanhou.
Paddy Gordon, die afgelope drie jaar bestuurder van die Vrystaat se enigste nasionale park, het dié jare lange probleem geërf.
“Ons doen ons bes om die onwettige indringers uit te sit en is besig met regstappe teen diegene wat die park en parkwonings betree het,” sê hy.