Brümilda van Rensburg het geweldig uitgesien na haar rol in Mirakel, een van die vlagskipproduksies van die KKNK.
Maar ongelukkig het sy onlangs haar hand gebreek en kan nie meer die rol van Salomé in die werk van Reza de Wet vertolk nie.
Die toneelstuk gaan egter voort, met die veteraan-aktrise en aanbieder Bettie Kemp, wat by Van Rensburg oorneem. Hugo Theart, artistieke direkteur en uitvoerende hoof van die KKNK, het Vrydag gesê dit is belangrik dat Van Rensburg volkome herstel.