’n Bielie van ’n sampioen wat in Hermanus gekweek is, laat die oë behoorlik rek.
Die grys oestersampioen (Pleurotus ostreatus), wat die skaal op 5,1 kg laat kreun, is deur die sampioenboer Regert Roos gekweek.
Volgens inligting is die sampioene bekend om hul voedingswaarde en word dit wêreldwyd kommersieel gekweek.