Sowat 100 mense het Sondag buite Konstitusieheuwel in Braamfontein, Johannesburg, byeengekom om hul stem by die Black Lives Matter-veldtog te voeg.
Die vreedsame protesoptog is deur Black Lives Matter Solidarity SA gereël.
Thandiwe Ntshinga, een van die organiseerders, sê hulle betoog nie net teen polisiegeweld nie, maar ook teen rassisme, geslagsgeweld en ander sosiale kwessies wat veral swart vroue in Suid-Afrika raak.