Die Bloemfonteinse Hoër Meisieskool Oranje (OMS) kraai koning as die kampioen van die 2023-Gerrie Berner-tennistoernooi.
Die skool se eerste span het die afgelope naweek aan die toernooi in die Paarl deelgeneem en dra die tweede jaar agtereenvolgens die kroon. Hulle het die Hoër Meisieskool Bloemhof Saterdag met 4-0 in die eindstryd geklop.
Die span, onder wie die spelers Nina en Mia Schimper, Iné Vorster, Ansoné Theron, Donna le Roux, Nestine van Rooyen en Cara le Grange, was onoorwonne in sowel die enkel- as dubbelspel.