Bob die groenseeskilpad se agt jaar lange rehabilitasiereis is voltooi en hy sal hopelik reeds dié week weer in die wye oseaan vrygelaat word.
Bob is in 2014 na die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad gebring nadat hy in ’n uiters verswakte toestand in die De Hoop-natuurreservaat gevind is. Hy was toe tussen drie en ses jaar oud en ondergewig (teen 16,6 kg) met talle beserings.
Dit is eintlik nog onseker of Bob ’n mannetjie of ’n wyfie is, het Rapport voorheen berig.