Die sanger Bobby van Jaarsveld en sy gesin is onder die inwoners van KwaZulu-Natal wat erg deur die vloedramp in die provinsie geraak word.
“Dit is regtig baie erg daai kant,” sê Van Jaarsveld, wat saam met sy vrou, Annatjie, en hul kinders, Sion (10), Leben (9) en Armani (5), in Ballito woon.
“Ek is toevallig in Johannesburg en in ’n mate bly om net te kan bad of stort. Toe ek by die gastehuis kom, het ek dadelik ’n warm bad gevat, want ons kan dit al amper twee weke nie doen nie.”