Katlego Maboe se gewese lewensmaat, Monique Muller, sê sy weet nie hoe ’n video waarop sy hom oor sy ontrouheid konfronteer die afgelope week op sosiale media beland het nie.
Die video van ’n beteuterde Maboe in ’n donker japon wat bieg dat hy by ’n ander vrou geslaap het, het die land aan die gons sedert dit Donderdagnag op sosiale media verskyn het.
In die video konfronteer Muller vir Maboe oor sy misstap. Hy erken hy het “een keer” saam met ’n ander vrou na ’n hotel gegaan en met haar seks gehad.