’n Bloemfonteinse sakeman wat vir water geboor het en wie se onderneming as “Boorgatspook” bekendheid verwerf het, is vroeg Sondagoggend in ’n motorongeluk sowat 2 km buite Winburg dood.
Jaco Labuschagne (41) se vrou, Anandi, sê haar man se bakkie het waarskynlik tussen middernag en 02:00 Sondagoggend net buite Winburg op pad na Bloemfontein omgeslaan en gerol.
Sy vermoed die polisie het eers heelwat later met ligdag op die wrak afgekom.