Die Britz- en Schwartz-families, wat geruk is deur die Brakpan-treurspel, het Dinsdagoggend saam afskeid van Sandra Schwartz (39) en haar drie kinders, Shereé (19), Lee-Ann (16) en Simeon (10), geneem.
Die boodskap in die begrafnisbrief lui: “Uit die ketting van ons liefde is kosbare skakels geneem toe dit ons Hemelse Vader se wil was om ons geliefdes, Sandra, Shereé, Lee-Ann en Simeon, huis toe te neem. Hulle heengaan word diep betreur deur haar eggenote, hul pappas, familie en vriende.”