Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit is steeds besig om verskeie brande te bestry wat Saterdag by die Paarl, Robertson en Worcester uitgebreek het.
Mense wat beplan om Sondag van openbare ruimtes gebruik te maak vir ontspanning, word aangeraai om nie te braai nie omdat die risiko om ’n brand te begin, baie hoog is.
Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, het Sondagoggend gesê brandbestryding duur voort.