Brandspanne was Donderdag steeds op die toneel van drie aktiewe brande in die Tuinroete-distrik.
Die Swartbergpas by Oudtshoorn is Donderdag weer gesluit nadat dit kortstondig oopgestel is. Die pas is Woensdag gesluit weens brande wat aan albei kante van die pas voorgekom het.
Die Garden Route-distriksmunisipaliteit (GRDM) het Donderdag gesê die pas is weer gesluit weens winderige toestande en omdat noodvoertuie in die gebied moet beweeg. Die situasie word gemonitor.