Steve Hofmeyr sê hy wil so gou moontlik weer op die verhoog wees, al het Covid-19 sy stem aangetas.
“My stemgehalte is nog nie wat dit moet wees nie en ek doen nou Tom Jones met sulke lang note om my stem te oefen. Dit vat nogal oefening om ná Covid-19-komplikasies weer die selfvertroue te kry om na hartelus te sing,” sê Hofmeyr.
Die sanger en akteur het die afgelope week van vroegoggend geswoeg om ’n nuwe speurreeks, Brixton, vir die stromingsdiens Jou Afrikaans (JA) te verfilm.