’n Gesin van Robertson het reeds planne begin maak om twee broers, wat in Februarie ’n week uit mekaar verjaar, se verjaarsdae saam te vier. Nou beplan die familie die broers se begrafnis nadat die voertuig waarin hulle was, glo gerol het.
Sydwell Speelman (25) en Angelo Wagenaar (24) is net ná middernag op 1 Desember oorlede. Die gesin sê hulle aanvaar dit was ’n ongeluk.
Volgens ooggetuies op die toneel het die broers aan ’n straatwedren deelgeneem toe Speelman, wat bestuur het, beheer oor die voertuig verloor het.