“O Here, hulle eet haar op.”
Dit was die woorde van ’n man van Potchefstroom toe hy aanskou het hoe sy bure se pitbulls hul huiswerker Dinsdagoggend in die bure se erf verskeur. Sy woorde het nog in die lug gehang toe ’n ander buurman die vrou te hulp snel.
“Ek het die gille gehoor en my man geroep,” sê Micky Abdullah, die buurvrou. Hy het oor die bure se hek probeer klim, maar geval en seergekry. Toe hoor hy die ander buurman skree die vrou word verskeur. Deur die Here se genade kon hy die bure se hek van die spoor ruk en ingaan.”