Die Calitzdorp Spa, ’n gewilde bergoord buite Calitzdorp wat oor ’n warmwaterbron beskik, gaan ’n nuwe naam kry omdat die oord oor geen spa-geriewe beskik nie en belangepartye meen dat die naam misleidend is.
Die Garden Route-distriksmunisipaliteit (GRDM) het aangekondig dat sy raad Woensdag die naamsverandering en nuwe kenteken op ’n raadsvergadering goedgekeur het. Die Calitzdorp Spa sal in die toekoms die Calitzdorp Warmwaterbron, oftewel die Calitzdorp Hot Springs, heet.
Volgens die GRDM is die besluit geneem nadat verskeie toeroperateurs en gaste hul kommer uitgespreek het omdat die warmwaterbronne oor geen spa-verwante geriewe beskik nie.