Geen kind wat verstandelik gestremd is hoef gemarginaliseer, verstoot of uitgesluit te word nie. Daarom is die werk wat die Coronation Training Centre doen, broodnodig.
Vir die onderwysers aan dié skool is die onderwys meer as ’n beroep, dis ’n roeping. ’n Roeping om gespesialiseerde onderrig en ondersteuning te bied aan leerlinge wat dit nie net nodig het nie, maar ook verdien.
By die skool word daar weggedoen met “sosiale versperrings”, stereotipering en stigmas. Hier het elke kind, ongeag, die graad van gestremdheid, die geleentheid om te leer volgens hul eie vaardighede en vermoë.