Toe pres. Cyril Ramaphosa die Springbokke Saterdagoggend voor die Wêreldbeker-eindstryd in Jokohama, Japan, ontmoet het, het hulle aan hom gesê hulle is senuagtig.
“Ek dink hulle het vir my gejok, want hoe meer ek na hul gesigte en oë gekyk en hul hande geskud het, hoe meer het ek besef hulle is gereed en vasbeslote vir die groot uitdaging.
“Dit is waarom hulle die ongelooflike oorwinning vir ons kon behaal,” het Ramaphosa Dinsdagoggend met ’n glimlag gesê.