Die Raad op Hoër Onderwys (RHO) het die voorval by die Universiteit Stellenbosch (US) waar ’n wit student op ’n swart student se eiendom in ’n koshuiskamer geürineer het as “barbaars” en “rassisties” bestempel.
Die RHO het in ’n sterk bewoorde verklaring gesê hy veroordeel die voorval wat Sondag in die vroeë oggendure in die manskoshuis Huis Marais gebeur het ten sterkste.
“Die RHO het gehoor van ’n afskuwelike rasgemotiveerde aanval op ’n swart student,” lui die verklaring.