Die munisipaliteit hier moet nou daadwerklik optree by Voëlklip, het Johan du Toit, plaaslike stadsraadslid, gister gesê.
Hy wil hê veiligheidsrelings moet by dié plek naby Heroldsbaai aangebring word.
Du Toit het by navraag kommentaar gelewer nadat nog iemand die afgelope naweek daar gesterf het – die agtste die afgelope ses maande.
