“Ek het nie gedink ek sal my kind weer lewend huis toe bring nie.”
Danelle Kerswell gee ’n groot sug van verligting terwyl sy vertel dat haar seun Daniel (2) Woensdagaand vir die eerste keer in langer as twee weke weer in sy eie bed sal kan slaap.
Daniel was sedert 6 September in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria nadat hy op 5 September per ongeluk deur sy pa, Paul, by die gesin se huis in Ermelo raakgery is.