Die veiligheid van Rheinmetall Denel Munition se aanleg in Macassar, naby Somerset-Wes, word bevraagteken ná ’n ontploffing op die perseel Sondagaand.
Volgens die United Association of South Africa (Uasa) is hulle “bekommerd oor die veiligheid van die wapenvervaardiger se werknemers”.
“Hierdie roekelose gebrek aan omgee vir die welstand van werkers is onaanvaarbaar,” het Abigail Moyo, die vakbond se woordvoerder, gesê.