Suid-Afrikaners soek én verdien leiers wat hul belange eerste stel.
“Verlede jaar se plaaslike verkiesings (waarin die ANC se nasionale steun vir die eerste keer tot onder 50% geval het) was ’n wekroep en ons moet oppas,” het pres. Cyril Ramaphosa Sondag gesê.
Hy het die lofrede gelewer op die amptelike burgerlike begrafnisdiens van die “talentvolle, begaafde en toegewyde” Mpho Moerane, voormalige burgemeester van Johannesburg, by die Kwabhekilanga Secondary School in Alexandra.