Mense wat hennep wil verbou of in vervaardiging wil gebruik, kan reeds vir permitte aansoek doen.
Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het die aansoekproses Vrydag geopen.
Dit kom nadat hennep ingevolge die Wet op Plantverbetering (Wet 53 van 1976) tot landbougewas verklaar is. Dit maak nou die invoer, uitvoer, verbou en verkoop van en navorsing oor die plant in Suid-Afrika moontlik.