Verkeer op die N2-snelweg na Kaapstad is Woensdagoggend tot stilstand gedwing toe stakende begrafnisondernemers die pad met doodskiste versper het.
Richard Coleman, verkeerswoordvoerder van die Kaapstad-metro, sê dat ’n konvooi begrafnisondernemers op die snelweg betoog het.
“Die groep van sowat 100 mense was glo op pad na die departement van binnelandse sake in Kaapstad toe hulle op die snelweg gestop en doodskiste in die pad neergesit het. “Die N2 tussen Borcherds Quarry-weg en die lughawe-afrit is tydelik gesluit en die polisie en verkeersbeamptes is ontbied om wet en orde te handhaaf.”