Dr. Siva Moodley is dié week uiteindelik begrawe, meer as 500 dae ná sy dood én sonder dat hy opgestaan het soos sy familie tot aan die einde aangehou glo het.
’n Begrafnisondernemer van Johannesburg moes ’n hofbevel kry om hulle te dwing om in te stem om die bekende televisie-evangelis te ruste te lê.
Hy is Donderdagoggend in die Wespark-begraafplaas in Johannesburg begrawe.